Description
Die twee belangrikste dinge in Carli Kirstein se lewe is wildbewaring en haar droom om ‘n veearts te word. Op skool is sy en haar vriende nie juis deel van die gewilde groep nie, en sy het ook nie veel geluk met die ouens in haar lewe nie. Eers is daar die krieketster wat haar net akademies wil gebruik, dan is daar die sjarmante buursein, Stef, wie haar ouers nie goedkeur nie… en dan is daar Xander, die hardwerkende dromer en doring in haar vlees.
Al die drade van haar lewe word saamgevleg toe wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander katte begin teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie span saam om die leeus te probeer beskerm – sonder hulle ouers se toestemming.
Skielik bring Carli se toewyding aan wildbewaring nie net haar eie lewe in gevaar nie, maar ook die van die mense vir wie sy omgee.



