Description
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-Hond, Riley. Riley is mal daaroor om buite te speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot stinkbomme!
In hierdie storie speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bome en bosse – die Amazone! Groot, kwaai voels probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voels af te weer… Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?



