Description
Ewald en sy beste vriend, Cardo, vertrek saam met die filmspan na ‘n geheimzinnige eiland waar die nuutste Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Vinnig besef Ewald die eiland is vol gevaar: Iemand probeer hom met n mes aanval, daar is ‘n monsterhaai wat in die baai rondswem en Sonia Blom word byna van die lighuis se trappe afgegooi! Dan is daar Melita – die vreemde meisie wat glo dat die eiland vervloek is en enigeen wat te veel weet, sterf… Kan Ewald nes Aksieheld Austin uitvind wat aangaan voor dit te laat is?



