Description
Hierdie vrolike bundel stories, rympies en speletjies is ‘n kleurvolle reis saam met immergewilde karakters soos Lena, wat haar eie Kersboom in die tuin maak, Benjamin en sy viool, Tyl Uilspieel met al sy streke, en Jakkals en Wolf se manewales. Skaterlag saam oor tergrympies, leer tel met uittelruimpies, en speel weer lekker buite soos in die ou dae met bekende speletjies soos Klippiegooi, Wolf, Wolf, hoe laat ons dit?, en Koljander, Koljander. Leer ‘n kleinding ook speel-speel waardevolle lewenslesse soos hoe om nie kwaad te word nie en wat goeie maniere is. Enmaak slaaptyd ekstra met slaaptydrympies en mooi-droom-stories.



