Description
Wat het geword van elke man vir homself?
Charlie Flets is 17, taai en ‘n 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer… Dis makliker gese as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry.
Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ‘n barmhartige Samaritaan soos die res van sy gezin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ‘n helikoptervlieenier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haar dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sy buitekamer kom neem het.
En dan tel Charlie teensinnig ‘n verlore journaal op en teen sy beterweter probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ‘n ander wereld vir hom oop.



