Description
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-Hond, Riley. Riley is mal daaroor om buite te speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot stinkbomme!
In hierdie storie is Adelie en Riley se gesin almal saam op vakantie. Hulle bly op ‘n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is… Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom wanneer beeste op die twee afstorm?



