Description
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandal is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ‘n Groot ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so Suur wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies.
Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer more! Maar o genade, ouma Mollie se Tweede verjaarsdag look ook nie volgens plan nie.



