Description
Iets vreemds is in Rhynsburg aan die gang.
Lizelle het nie avontuur verga toe sy daardie middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Cafe vir die koerant sit en wag met haar samboksalf en ‘n pakkie sigarette nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroe klein Karoo-dorpie waar haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer hulle gebring het nie.
Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tunne steek iets baie meer onheilspellends weg – iets wat haar een aand aanval!
Lizelle het niks behalve typ nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster met sy kerkklokke weet meer as wat hy voorga, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.
Sy is net glad nie voorbereid op wat sy vind nie.
Drake … In die Karoo!



