Description
Afrikaans kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ‘n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels.
In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf mekaar nog al die pad uitoorle, maar bly steeds die beste maats.
Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture en streke van hierdie twee stouterds.



