Description
“Vandal sit jy by die tafel totdat elke krieseltjie spinasie op is!”
Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie he nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord. Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dit was ‘n fout. ‘n GROOT FOUT!
Want ‘n rilling rol deur sy hele lyf. Sy ore slaan toe. Sy lyf voel warm en koud gelyk. En hy voel die sweet soos twee riviereteen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie … hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom se? Begin hy stemme hoor?



