Description
Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe haar ma oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ‘n viool wat al lank in die familie is.
Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mens-arende … Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, ‘n pratende portret. Hy is eintlik ‘n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is … en die krag het om die mens-arende se harte te verander sodat hulle menslike aard weer na vore kan kom.



