Description
Op ‘n dag word ‘n wurm deur ‘n voel gevang. Maar die wurm se naam is nie vernietigen Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ‘n bol vrotterige slym in die voel se bek skiet. Die voel skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by ‘n skool van paddas.
En so begin ‘n hele reeks avonture by die padda-skool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope game paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolnoelie, Paddaroti.



