Description
“Slaat my dood met ‘n slap snoek!” roep ouma Mollie
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie onthou een middag sy het al baie goed vergeet. Daarom is dit typ om terug skool toe te gaan – saam met klein Nina en Blapsie, haar hond.
Op ouma Mollie se eerste skooldag, pluk sy haar snaakse ou skoolrok en ‘n paar silver tekkies aan. Tydens die les, leer sy die juffrou ook ‘n paar nuwe dinge. Een daarvan: Tekkies gee mens knoptone, daarom moet jy hulle in die klas uittrek – selfs al stink jou voete vreeslik!



