Description
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak?
Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oe staar? Wat is fout met juffrou Kupido – en watter nare geheim steek sy in haar kosblik weg? Woon daar werklik ‘n monster in die bos soos die grootmense se? En wat sal gebeur as ‘n vampier en ‘n zombie een nag kennis maak?
Dis GROOT dis GRUWELIK. Dit gaan jou hoendervleis gee.
Dit is die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril – en laat smeek vir nog!



