Description
Karamel staan in die hoek van die skuur en bewe. Sy is bang vir die donderweer. Toe die ander diere erken dat die geraas hulle ook bang maak, voel sy ‘n bietjie beter. En toe dit ophou reen en die son vir ‘n rukkie agter die wolke uitkom, waag sy dit om saam met haar maats buitentoe te gaan. Hoe gaan sy reageer as dit weer begin reen?



